BIOGRAFIE
Pieter Smith is 19 Augustus 1975 in Potchefstroom gebore en die jongste van drie kinders.
Hy het kitaar begin speel toe hy 4 jaar oud was en vanaf sewejarige ouderdom professionele afrigting ontvang. In
1993 het Pieter sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Gimnasium, waar hy deel gevorm het van verskeie Rock
Bands.
Vandat hy agtien jaar oud is, tree hy professioneel op. Na skool het hy sy tersiêre opleiding in Musiek- en
Musiekonderwys voltooi waarna hy as gekwalifiseerde musiekonderwyser by die Laerskool Queenswood afrigting gegee
het in kitaar, koor en revue.
Steeds was Pieter se passie vir musiek onvervuld en het hy Woensdag- en Donderdagaande by verskeie kuierplekke in
Hatfield Square vir ‘n appel en ‘n ei gesing.
Pieter is een van ‘n handjievol kunstenaars wat self sy lirieke skryf en toonset. Boonop is hy die vervaardiger van
al 6 sy CD’s – wat iets verklap oor sy musikale talent asook sy verbasend wye musiekkennis.
In 2001 het Pieter se optredebesprekings in so ‘n mate begin instroom, dat hy die onderwys vaarwel moes
toeroep.
Sy se eerste debuutalbum, Alles wat gejaagd is sien die lig in
2001, wat toe ‘n nuwe baadjie kry met Rooikar. In 2003 kom Man op die
maan uit en twee jaar later, 2005, volg Die Een. Niemand soos
jy tref die rakke in 2008 en later daardie jaar bring hy die Spooknote CD uit.
Pieter is in so ‘n mate suksesvol, dat Steve Hofmeyr hom by geleentheid as die partytjiemaker van
die dekade asook een van ons land se mees begaafde liedjieskrywers uitgewys het. Ander reken weer dis beter
om eerder sáám met Pieter te werk as teen hom, siende dat hy met sy unieke optredestyl die Suid-Afrikaanse
volk tot ‘n hegte eenheid kan bind – iets wat nie in enige kunstenaar se broekspype sit nie.
Sy naam verskyn op byna elke groot kunstefees se kunstenaarslys en sy getroue aanhangers van die
afgelope 9 jaar mis nie sommer sy shows by Firkin Centurion nie. ‘n Kuiersessie gemeng met nostalgie en
uitstekende vermaak. Daar is Niemand Soos Pieter Smith wat ‘n gehoor kan laat lag en saamsing nie. Gn’ wonder
hy kry ‘n staande applous na sy konserte nie.
Dit het nie als oornag gebeur nie. Dit het bloedsweet geverg om te kom waar hy is. Hy is baie
dankbaar vir wat hy alles ingesit het om na 9 jaar steeds besig te wees om sy unike stempel af te druk op
Afrikaanse musiek. Met sy eie lirieke en melodië, het Pieter Smith ‘n huishoudelike naam geword. “Mens moenie
net uit Afrikaanse musiek tap nie, maar ook terug ploeg.” Sê Pieter.
Wanneer Pieter wegbreuk van die stad se lawaai sal jy hom heelmoontlik in Plettenberbaai met ‘n pak
papiere en ‘n pen langs die strand betrap waar hy sy digterskuns op papier vaspen en terug kom met die
mooiste liedjies wat ons saamsing op die radio en TV.
Visvang en Geskiedenis is vir hom ‘n groot trekpleister. Hy lees graag Geskiedkundige boeke en as
hy sy droom kan verwesenlik, sal hy mense op visvang ekspidisies in die diepsee wil uitvat.
PIETER EN DIE SPOKE
Die “spookgogga” het
Pieter op ‘n vroeë ouderdom gebyt en is dit daarom nie vreemd om verskeie Spookboeke- en musiek op sy
koffietafel te sien rondlê nie. Pieter doen gedurig navorsing oor dié rustelose siele se bestaan en hul
geskiedenis.
Op elke CD wat hy sovêr uigebring het, verskyn daar ‘n spookliedjie. Sy Spooknote
produksie wat hy in 2007 op die planke gebring het, getuig van lang ure se navorsing en soeke na ware feite oor hul
bestaan.
In die produksie, waarvoor hy splinternuwe liedjies geskryf het, vertel Pieter van
verskeie bekende Suid Afrikaanse spookverhale onder andere die van Antjie Somers en die Vlieënde Hollander se
geskiedenis met indrukwekkende beeld- en klankmateriaal. “Hulle geskiedenis interesseer my baie. Ek het hulle self
nog nie gesien nie, maar het wel ‘n rillende ondervinding of twee gehad waar ek hulle kon aanvoel” sê Pieter oor sy
spookfassinasie.. Pieter het ook een aand sy ondervindings en kennis van spoke met Renske Jacobs en die luisteraars
in RSG se
Spooksessie gedeel wat tot onlangs toe op die lug was.
DIE OPTREDES
As jy gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en ‘n show bywoon, het jy ‘n fout gemaak. Saamsing en
vermaak uit die boonste rakke met asemrowende klank- en beligtingseffekte, is nader aan die waarheid van ‘n tipiese
Pieter Smith – vertoning. Energie- en aksiebelaaide konserte vir oud en jonk.
Een van die hoogtepunte tydens die optredes is Pieter se kitaar solostukke waarmee hy die gehoor trakteer en
telkemale met nuwe tegnieke verras – vervolmaakte kitaartegniek in die beste vorm denkbaar.
‘n Vertoning wat gestand doen aan die belofte van nostalgie en ‘n heerlike partytjie.
VRYGESTELDE CD’S:
CD ALLES WAT GEJAAGD IS 2001
CD ROOIKAR
2002
CD MAN OP DIE MAAN
2003
CD DIE EEN
2005
DVD ‘n AAND IN JUNIE @ FIRKIN 2006
CD NIEMAND SOOS JY
2008
CD/DVD LIVE IN CENTURION TEATER 2008
CD SPOOKNOTE
2008
|